Die karakters van Takalani Sesame sal
ook by die SABC Education Baba Indaba
te sien wees, met
daaglikse vertonings om 10:30, 12:30 en 15:00.
(Die Burger – 24 Junie 2006)
SUID-AFRIKA se voorste baba-
en ouerskapuitstalling, die SABC Education Baba Indaba, vind volgende
maand in Kaapstad plaas. Die uitstalling, wat vanaf Vrydag 28 tot
Sondag 30 Julie in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum
(KIKS)(CTICC) plaasvind, sal die eerste van sy soort in die Moederstad wees.
Die Baba Indaba sal alles uitstal waarin ’n swanger vrou, Ma’s, Pa’s en selfs
grootouers sal belangstel vir hul kind of kleinkind.
Me. Natalie Naude,
skoudirekteur van die Baba Indaba, het die idee van dié uitstalling gekry nadat
sy swangerskap, geboorte en ’n kleuter wat rondhardloop ervaar het. “Ons is
verheug om daartoe in staat te wees om raad en leiding aan baie Suid-Afrikaanse
ouers onder een dak te bied. Ons is baie bly om betrokke te wees by
uid-Afrikaanse handelsmerke wat in elke huis bekend is. Ons wil ook graag ons
borg, SABC Education, wat die karakters van Takalani Sesame gaan
saambring, en ons mediavennote, die tydskrifte Living and Loving
en Your Family, wat groot ondersteuners van dié geleentheid
is, bedank vir hul ondersteuning,” het sy gesê.
“Die Suid-Afrikaanse kleinhandelaar, Babies ‘R’ Us byToys ‘R’Us, is die amptelike kleinhandelaar by die uitstalling in Kaapstad en het ons verseker dat elke besoeker hoogs beïndruk gaan wees met die verskeidenheid produktewat beskikbaar sal wees.” Daar is iets vir almal in die gesin by die Baba Indaba, selfs vir Pa’s! Daar
is die Living and Loving-stootwaentjiehindernisbaan,
die akwarium waar mense vir Silver die Haai en Terminator die Rob kan sien en
die partytjie in Your Family se eksklusiewe partytjie-area! Vir Pa’s is
daar verskeie van Suid-Afrika se voorste handelsmerke wat kameras,
kameraopnemers, TV’s en vele ander opwindende produkte ten toon gaan stel.
Die Baba Indaba is elke dag
vanaf 09:30 tot 17:00 oop vir die publiek.
Toegangsgeld is R30 vir
volwassenes en gratis vir kinders jonger
as 12.
Op Vrydag 28 Julie is dit
gratis vir senior burgers.
Besoek www.babaindaba.co.za of skakel (021) 689 3262 of vir meer inligting.